Hoe lyk jou hart?
Vanoggend is ek vroeg wakker en besluit om aanbiddings musiek aan te sit. Met ñ koppie koffie, ñ boek en warm kombers luister ek na musiek met sagte rëen wat buite val - wat ñ bederf?
God kom praat met my oor hoe belangrik dit is Hom te aanbid. Julle, dit is só belangrik vir ons as kinders van God om ñ lewe van aanbidding te leef. Daar moet geen limiet wees.
Maar wat weerhou ons daarvan? En dít is waar my vraag inkom: 'Hoe lyk jou hart?'
ñ Verharde hart weerhou jou daarvan om op ñ plek te kom waar jy ñ lewe van aanbidding kan leef.
Psalm 95:9-11 vertel ons van die gevare van ñ harde hart! (Lees sommer die hele hoofstuk)
PSALMS 95:9-11 AFR53
[9] waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. [10] Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; [11] sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
- Dit verhoed ons om God se grootheid te begryp. Markus 6:52
- Om ander mense te kan help. Deut 15:7
- En dit moedig ñ sondige lewe aan. Efesiërs 4:18
Dankie vir God se genade want Hy en net Hy kan jou hart kom sag maak:
ESÉGIËL 36:26 AFR53
[26] En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
Ek vra weer hoé lyk jou hart?